Gedenkmuur

Click hier vir enige inligting oor ons gedenkmuur


 Mat. 6: 3-5

 (3)  Nee, as jy iets vir die armes gee, moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie,  (4)  sodat jou goeie daad verborge kan bly. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon."  (5)  "Verder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat die mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg.



Home / Tuis /

 


Eredienste                                           MEDEDELINGS SKAKEL

Kwartaal:
Sondagoggend:

  • 09:30 Erediens in die Kerksentrum
  • 19:15 Alternatiewe diens in die kerksentrum

Vakansies:
Sondagoggend: 09:30 Erediens in Kerksentrum

Moederskamer
Vir ouers met babas. U vind die Moederskamers se ingang aan Martinsonweg se kant van die gebou. Daar is gereseveerde parkering beskikbaar.

Gestremdes
Aan Martinsonweg se kant van die gebou is daar gereseveerde parkering beskikbaar.

Kategese

Graad R-6
Sondagoggend tydens die erediens. Kategese word in die kategeseklasse by die Kerksentrum aangebied.

Graad 7-9
Sondagoggend na die oggend-erediens.

Graad 10
Gedurende die week- Woensdag of Donderdagaand 18:00-19:00.

Belydenisklas
Kontakpersoon: Francois Lamprecht, tel no 082 374 3983

Jeugaksie
Soos aangedui op die Kalender. Vir verdere inligting kontak een van die Jeugwerkers of Jeugkommissie Voorsitter, Francois Lamprecht by 082 374 3983 (enige tyd) of Lizette de Leeuw by (021)886-4477 (ná 14:00).

 

 :-)


 Die kruis...

Waarvoor staan Sentraal se logo?

Die kruisevangelie staan altyd sentraal in Stellenbosch-sentraal. In ons logo is die kruis sentraal in die sentrum van alles. Die twee kleiner kruise herriner ons aan die sondaars wat saam met Christus gekruisig is. Onvermydelik dink ’n mens aan die woorde van jesus: “Vandag sal jy saam met my in die Paradys wees.” Hierdie twee kleiner kruise herinner ons dat daar genade is vir sondaars. Die drie simbole laat ons egter ook aan ’n gesin dink wat binne die kragveld van die heilige Gees as verbondsgesin voor God leef.

 

Die rooi sirkel simboliseer die kragveld van die Heilige Gees. Dit sirkel se beweging beeld verder die dinamiese verandering uit wat in ’n mens se lewe plaasvind as hy naby die kruis lewe. Hiermee bely ons, ons afhanklikheid van die Heilige Gees om die reddingsboodskap van Jesus se verlossing die wêreld in te dra.